Ten spyte van die beperkings gedurende die pandemie kon CMR Noord op digitale wyse uitreik en bewusmaking skep by skole in die gemeenskappe waar ons werk.

Powerpoint aanbiedinge is vir leerders in die klas gewys en plakkers en borsspelde is verkoop om fondse in te samel vir die projek.

Die tema van die aanbieding was, Kinderbeskerming is MY en JOU plig!

Die doel was om leerders bewus te maak van die Kinderwet, hoekom kinders beskerm moet word asook hoe jy dit moet hanteer indien jy vermoed ‘n maatjie het hulp nodig.

Inligting rondom WIE jy moet kontak is ook aan leerders gegee.

Die projek is baie goed ontvang en ons is trots om te se dat ons 15 500 kinders bereik het!

Baie dankie aan die DAGBREEK TRUST vir die borg van die drukwerk.

Leerlinge van Brooklyn Primary School het onder andere deelgeneem aan die projek.