Above image: Elmarie Krige

 

Lord, make me an instrument of
Your peace;
Where there is hatred,
let me sow love;
Where there is injury, pardon;
Where there is doubt, faith;
Where there is despair, hope;
Where there is darkness, light;
And where there is sadness, joy. 

O Divine Master,
Grant that I may not so much seek
to be consoled as to console;
to be understood, as to understand;
to be loved, as to love;
for it is in giving that we receive,
it is in pardoning that we are pardoned,
and it is in dying that we are born to Eternal Life.

Amen.

By Elmarie Krige

Anja het my gister gebel om te hoor of ek nie iets wou skryf oor hoe en waar ek betrokke geraak het by die Lig projek. Ek onthou so twee jaar gelede het ek in Maroela Media (die aanlyn koerant) gelees hoe sy gevra het vir hulp met kersgeskenke vir minderbevoorregte kinders. Omdat ek so daarvan hou om te gee, het dit in my agterkop gebly.

Aanvanklik was dit vir my problematies siende ek buite Kurgersdorp woon en die projek konsentreer op Pretoria en omgewing. Maar ‘n boer maak mos ‘n plan en eers het ek paar geskenke per koerier gestuur. Ek het egter gesien dit gaan te duur uitwerk as ek meer wil bydra en gelukkig is daar altyd ander opsies! Iemand gaan dalk daardie rigting of, in my geval, moes ons self Pretoria toe gaan vir iets en kon ek die res self deurvat.

Deur die jaar word mens gebombardeer vir hulp, skole, kerke, daar is verjaardagpartye en kombuistees en troues en wat nie nog en by die einde van die jaar is mens voos gegee. Ek weet mens moet maar jou sente oor en oor omdraai, die lewe is duur – ons is almal in daardie selfde bootjie. Deur die jaar is daar uitverkopings en ek het al ‘n regte valkoog ontwikkel om ‘n winskopie raak te sien en te koop en te hou spesiaal vir hierdie projek. Deur die jaar is daar ook mos altyd spesiale aanbiedings van toiletware soos koop drie kry een gratis en selfs al gooi mens elke maand net een deodorant en een stortjel in jou winkeltrollie het mens kort voor lank sommer ‘n kas vol goed – daar is hope kinders wat elke jaar vra vir toiletware.

Ek het maar altyd sulke projekte ondersteun en toe my kinders nog in die huis was het hulle geweet hul kry wel geskenke vir Kersfees maar mens moet aan ander ook dink. Hulle het gehelp geskenke uitsoek en toedraai en so kweek mens ‘n kultuur van omgee by jou kinders. ‘n Ander idee is om ‘n spesiale “spaarblikke” te hou en elke maand gee elkeen in die gesin bv R10 van hul sakgeld (of “tjoklitsgeld” soos ek dit noem – jou heupe sal jou bedank!) en al kan mens dan aan die einde van die jaar net een geskenk koop dan help dit al.

As mens selfs net een kind gelukkig kan maak – ‘n kind wat elke dag min het om na uit te sien en daardie eenkeer in die jaar ook spesiaal gaan voel deur ‘n pakkie met sy/haar naam op te kry – dit is wat my aanspoor en inspireer!

Daar bestaan ‘n pragtige gebed wat toegeskryf word aan St Franciskus van Assisi (die sg beskermheer van diere) hoewel niemand seker is presies wie dit geskryf het nie. Ek wil dit graag hier byvoeg want dis hoe ek voel oor gee – ‘it is in giving that we receive’. As mens gee ontvang jy soveel blydskap omdat jy kan en wil gee dat dit altyd die moetie werd is. Dis so ‘n mooi gebed ek deel graag die hele een!